Ons kom elke Sondag oggend om 09H00 bymekaar om as gelowiges saam die Here te dank, Hom te prys en lekker saam te kuier. Indien dit ook jou behoefte is en jy nie 'n plek het waar jy aanbid nie, is jy baie welkom! Ook as jy die Here soek in jou lewe, kom maak 'n draai. Die boodskappe word ook elke Sondag op Facebook uitgesaai.
Facebook BladOns Here Jesus het jou so baie lief gehad dat Hy Sy lewe vir jou kom gee het. Laat ons elkeen weer opnuut God prys en dank vir Sy groot genade oor ons lewens.
Handelinge 1: 11
Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
Wat doen jy op 'n Vrydagaand? Die beste plek om te wees is by ons jeug byeenkoms. Ons leer van die Here, loof Hom uitbundig en speel ons moeg. Sien jou daar, 19h00.
Ek wil dans voor die HERE, ek wil huppel as ek loop, my voete tik die ritme en my hart is vol hoop, my hande klap saam en ek sing God se Woord...
As u ritme het, n stippel in jou huppel of n huppel in jou stippel het, kan u enige tyd inloer en kyk of hierdie dansding vir jou is. Jy hoef nie 'n professioneel te wees nie, jy moet net lus wees om vir die HERE te dans, soos koning Dawid.
Bly op hoogte van die nuutste gebeure, fotos en videos deur ons Facebook blad te Like.
Wil jy 'n nuwe lidmaat word of sommer net jou geestelike lewe verryk? Vind uit wanneer die volgende E-Kursus aangebied word
E1 Kursus: Toerusting vir nuwe lidmate.
E2 Kursus: Geestelike oorwinning.
E3 Kursus: Die drie kleure van bediening.
E4 Kursus: Evangelisasie - Toerusting vir selleiers.
Psalm 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Het jy gebed nodig? Daar is gelowiges wat vir jou wil bid.
Kontak:
Tel: 0414526637 - Sel: 0762632575
Psalm 40:1-2
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor
Vind uit waar die naaste selgroep aan jou huis is en skakel in. Die materiaal vir elke week se byeenkoms is by die onderskeie selleiers beskikbaar.