Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

 

 

Welkom by PE Noord se Jeug

Welkom in 2011, 'n jaar met groot verwagting en met groot veranderings. Ons as WIC wil u graag inlaat op 'n paar goed wat hierdie jaar gaan gebeur by ons. So as u tussen 12 en 25 is kom join ons vir 'n Jeug-aand.

Vrydag-aande 18h30 by die kerk self, as ons nie iewers gaan nie. Daar is wel 'n paar veranderings wat u na moet oplet. Die een is dat WIC vir die eerste kwartaal geen Sel sal hê op Woensdae nie, maar wel net voor Jeug op Vrydag-aande. Dit is die rede waarom die Jeug alreeds 18h30 begin.
Verlede jaar het ons afgesluit met ons WIC awards waar mense toekennings gekry het vir verskillende redes soos bv vir die "coolste hairstyle" van die jaar etc. Hierdie jaar gaan ons dit weer doen na die einde van die 2de kwartaal.

Ons het ook 'n kamp wat opkom in Junie, hou die kalender dop vir daardie datums. Dan is daar ook "n paar jeugdienste in die jaar waar die Jeug in werklikheid aan die Kerk bekendgestel word.
Terug by die 1ste Kwartaal; ons beplan groot en fun dinge vir hierdie kwartaal. Die 4de Februarie beoog ons om 'n Ouer-aand te hê waar die ouers die leiers kan ontmoet en ook 'n paar Jeug events saam met u kind te kan doen.. Op 11 Februarie trek al die Jeug in Port Elizabeth saam vir 'n streek byeenkoms. Ek is so bly om bekend te stel dat ons hierdie jaar weer supertubes toe gaan. Op die 18de Ferbruarie gaan ons as Jeug supertubes vir die aand. Dit kos R40 per persoon. Ons bring ook Fear Factor terug hierdie jaar. As u dink u het 'n sterk maag en uithouvermoë, kom join ons op die 4de Maart.
Dan het ons ook 'n Uitreik event die 19de Maart waar ons na kinders gaan uitreik tussen die ouderdomme van 5 jaar tot 12 jaar. Dit sal by die Kerk wees.

Ons het 'n besige kwartaal en 'n kwartaal van fun. As u nog nie met Dawie gesels het nie kom gesels met hom oor waar u kan inskakel by WIC. Daar gaan ook 'n Young Adults groep gestig word hierdie jaar waar werkende Jeug hulself kan wees rondom mense van hul eie ouderdom. Hou die gaping dop daarvoor.

Jeremia 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teëspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Groete van die WIC span

 

Sending uitryk na FCE - Wolseley

Uiteindelik, die langverwagte kuier in Wolseley. Daar word nou al vir 'n jaar lank met groot afwagting uitgesien na hierdie kuier. Ons projek vir die week was die teël van die boonste gang se vloer.

Ons vertrek Saterdag, 9 Julie om 08h00. Die rit neem ons deur die skilderagtige berge by Swellendam en Ceres. Dit is werklik pragtig. Ons het tot sneeu gesien op die berge rondom Ceres. Ons word met groot gasvryheid ontvang by FCE. Nadat almal 'n ietsie geëet het, bekyk ons die taak wat vir ons voorlê. Dit is baie groter as wat ons gedink het.

Die volgende dag, Sondag, ry ons deur Kaapstad toe om die dag by Retanga deur te bring. Wat 'n belewenis. Later die middag ry ons na die Waterfront en pak toe maar weer die rit aan terug na Wolseley. Dit was 'n heerlike, tog uitputtende dag.

Maandag oggend na ontbyt pak ons die taak van die week aan. Die gang is so 47 meter lank en dan is daar ook die kante wat geteël moet word. Na 'n uur se beplanning spring ons weg. Die eerste teëls word gelê. Dit vorder maar stadig en die knieë loop goed deur van die kruip op die vloer. Teen Donderdag besef ons dat ons nie die werk gaan klaar kry nie. Die jongmense besluit eenparig dat hul nog 'n dag sal bly om die projek klaar te maak. Daar word min geslaap en almal werk baie hard. Teen Vrydag middag is die teëlwerk klaar en begin ons om die "grout" in te smeer.

Daar was werklik hard gewerk deur elkeen van die 6 jongmense, Dawie, Hansie, Cobus, Rikus, Beryl en Jessica, wat saamgegaan het. Daar sou nie 'n manier gewees het dat ek en Herman die teëlwerk sou kon klaarkry sonder hulle toewyding en deursettingsvermoë nie. Daar is 'n gang geteël, maar wat sal onthou word is elkeen van die jongmense wat werklik 'n karakter van toewyding en diens geopenbaar het.

Wel gedaan!!

Christo Bosch