Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Kerkgebou Dak Projek

Die oomblik van waarheid het aangebreek. Die eerste plate word afgehaal en vervang. Ons begin met die saal en die projek sal as alles goedgaan voltooi wees voor die einde van die jaar.

Bid aseblief saam met ons vir God se seen en beskerming op die werkers.

 

Legkaart Projek

Ons het die Here vertrou vir 'n wonderwerk en kyk "dit gebeur!" Moet egter nie ophou bydra nie want die legkaart moet klaar. Die legkaart is nou halfpad. Elke stukkie is R50,00 werd en ons het werklik jou hulp nodig om dit te voltooi.

Jy kan betrokke bly deur 'n koevert by die kerk te neem waarin jy jou bydrae kan plaas.
Die koevert met jou bydrae kan dan by die kerk ingehandig word.
Jy kan ook jou bydrae direk in die kerk se bankrekening deponeer.
Hier is die besonderhede:

BANKBESONDERHEDE: 
REKENING NAAM: VEK PE NOORD KERKRAAD
TAKKODE: 632005
TJEKREKENING: 1400940815
BANK: ABSA, KEMPSTON WEG TAK

 

Besighede

Besighede kan ook op die kante van die legkaart adverteer.
Grootte: 80 x 140 mm teen R1000,00
Indien twee blokkies geneem word is dit beskikbaar teen R1500,00
Vir besighede is daar 58 blokkies beskikbaar.

 

 

Bring 'n kombers

Die son sak al vroeër en dit is al diep in die winter. Ons voel die koue weer wanneer ons buite is en die windjie deur ons sny. Dit is om die rede dat die Welsyn weer afskop met ‘n Nuwe Projek “Bring ‘n Kombers”. Ons verlang net dat u al u “ou komberse” wat u nie meer gebruik nie, tog vir ons sal bring en in die mandjie sal gooi wat ons in die voorportaal sal plaas.

 

 

Ons brood projek

Ons wil graag voort gaan met die brood projek en vra dat die Gemeente ons sal ondersteun daarmee.  Ons wil ook 'n beroep doen op die dames in die Gemeente om die Welsyn te besoek en om betrokke te raak by die Welsyn.   

Soos die spreekwoord sê - Vele hande maak ligter werk en watter groter vreugde as om vir die koningkryk te bedien.