|
Ons vertrek 30 April 2009 op ons lang tog na Masaiti in Zambie. Masaiti is een van FCE se sendingstasies en is geleë op die Kings Highway. Die ervaring was ongelooflik verreikend. Jy kon God se teenwoordigheid en seën oor FCE en die werk wat hulle doen ervaar.
Ons is dikwels so op onsself gefokus dat ons nie die nood rondom ons raaksien nie. Daar is 'n honger by mense vir die Evangelie. Die lande staan vol van die ryp oes. Die hande moet net kom om dit in te samel.
sien meer
|
 |
|
|
Kleinskool Gemeenskap

Hierdie is 'n opheffing en toerustings bediening deur 'Jesus is Lord Ministries.'
Besoek gerus Boet en Annatjie Walker by:
Jesus is Lord Ministries
Foundation for Cross-Cultural Education

Deur ons verbintenis met Carel en Rentia Nel kon ons as gemeente by FCE betrokke raak.
Dit is aangrypend om die Hand van die Here te sien werk in Afrika. God is verseker nie klaar met Afrika. Hy het beslis 'n plan met Afrika en Hy het 'n roeping vir ons hier in Suid Afrika om 'n tasbare verskil in hierdie kontinent te maak.
sien meer
|
| |
|
 |
Handelinge 1: 8
"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde."
PE Noord VEK het die voorreg om ook op 'n tasbare manier betrokke te kan wees by ons Judea, Samaria en die uiterste van die aarde.
Junie 2011
Jeug uitryk na FCE Wolesley
.
. |
|