Die Visie van ons gemeente.
DROOM
Mattheus 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
Om ware dissipels van Jesus te wees. Dat elke lidmaat in ‘n lewende verhouding met Jesus sal wees en daardeur ander help om ook Jesus te ontmoet.
MISSIE
Om soos Jesus te wees.
WAARDES
Johannes 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Liefde wat prakties uitgeleef word.
MODEL
Handelinge 2:46 “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,”
Sorg vind plaas deur betrokke te raak by ‘n Selbyeenkoms en dan word daar as geheel fees gevier in die eredienste.
|